The Official Stance of the Dutch Reformed Church on Abortion: A Christian Ethical Perspective

Authors

  • D. E. de Villiers, Prof.

Abstract

By sy algemene sinode in 1982 het die Nederduits Gereformeerde Kerk (hierna NG Kerk) ’n eenduidig negatiewe standpunt teen aborsie en die liberalisering van aborsiewetgewing ingeneem. Kritiek is ook gelewer teen die Wet op Aborsie en Sterilisasie (Wet nr. 2 van 1975) wat voorsiening gemaak het vir wettige aborsie in die geval van sekere indikasies. Alhoewel die NG Kerk tot dusver nog geen amptelike standpunt oor die huidige aborsiewetgewing wat in 1996 ingevoer is, ingeneem het nie, impliseer die amptelike standpunt van 1982 algehele verwerping daarvan. In die artikel word waardering uitgespreek vir die respek vir ongebore menslike lewe wat in die amptelike standpunt van die NG Kerk tot uitdrukking kom. Die simplistiese en absolutistiese styl van argumentering, asook die miskenning van die fundamentele onderskeid tussen die morele en die wetlike aspekte van die lewe word egter gekritiseer. Aandag word gegee aan ’n gepaste kerklike benadering tot aborsiewetgewing in die huidige liberaal demokratiese konstitusionele bedeling in Suid-Afrika. Enkele voorstelle vir die hervorming van die huidige aborsiewetgewing wat kerke behoort voor te staan, word ook gedoen.

Published

2006-08-31

How to Cite

de Villiers, D. E. (2006). The Official Stance of the Dutch Reformed Church on Abortion: A Christian Ethical Perspective. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 73-90. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/107

Issue

Section

Artikels | Articles