The Right to Life and Abortion – a Christian Ethical Perspective

Authors

  • J. M. Vorster, Prof.

Abstract

Etici in Suid-Afrika voer tans debat oor die grondwetlike hof se interpretasie van die abortiewe reg, op so ’n wyse dat dit aborsie op aanvraag wettig. Sedert die uitvaardiging van wetgewing het duisende aborsies reeds plaasgevind en Christelike gesondheidswerkers in staatsbeheerde klinieke en hospitale is verplig om aan hierdie praktyke deel te neem, ongeag gewetensbeswaar. Hierdie navorsing fokus op die interpretasie van die reg op lewe, met verwysing na die lewe van die fetus vanuit ’n Christelik-etiese oogpunt. Die sentraal-teoretiese argument van hierdie studie is dat die begrip ‘lewe’, en die roeping van mense om lewe te bewaar, ontvou en beskerm ’n kernbeginsel in die Bybelse openbaring is. Hierdie beginsel spreek uit die drievoudige wyse waarop lewe in die Skrif bespreek word, naamlik in ’n skeppings-, ’n herskeppings- en ’n eskatologiese perspektief. Verder word aangedui dat die etiese beginsels, wat uit die Bybelse openbaring afgelei word, toon dat aborsie op aanvraag immoreel is en dat Christene die interpretasie van die grondwetlike hof ten opsigte van die reg moet teenstaan.

Published

2006-08-31

How to Cite

Vorster, J. M. (2006). The Right to Life and Abortion – a Christian Ethical Perspective. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 59-72. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/106

Issue

Section

Artikels | Articles