Unfinished Business: Ending Developmental Apartheid – Lessons and Strategies for Church and State

Authors

  • Jeffrey J. Ventrella

Abstract

Hierdie artikel, gerig aan beide geestelikes en staatslui, spreek aborsie vanuit sy teologiese oorsprong aan: as ’n uitdrukking van ’n vleeslike teologiese afdwaling – Ebionisme, die afgod van die self in profetiese taal. Sodoende word getoon dat aborsie beide wetlik en kultureel ontleen is aan dieselfde oorwegings as wat eugenetiek voortbring. En omdat aborsie ’n bepaalde klas mense van alle burgerlike regte ontneem, insluitende die lewe self, kan dit tereg gesien word as niks meer as ’n spesie van apartheid nie – gebaseer, nie op ras of etnisiteit nie, maar op die mens se stadium van ontwikkeling; aborsie is daarom “ontwikkelingsapartheid”. Hierdie analise word bevestig deur die ontwikkeling van Amerika se aborsieregsleer in oënskou te neem, insluitende sy kulturele en wetlike voorwaardes, asook die opkoms van homoseksualisme. Die oplossing vir beide die Kerk en die Staat spruit voort uit die besef dat die najaag van openbare regverdigheid, toegepas aan die hand van die verbondsantitese, ’n vleeswordingsgevolg van Christus in die wêreld is. Die artikel sluit af deur ’n drie-perspektiwiese litigasie en beleidstoepassings voor te stel, ontwerp om die kultuurmantel te herower: die Akademie, die Regterlike Mag en die Geestelikheid, en sodoende Suid-Afrika te help om sake af te handel deur hierdie laaste oorblyfsel van apartheid uit te wis.

Published

2006-08-31

How to Cite

Ventrella, J. J. (2006). Unfinished Business: Ending Developmental Apartheid – Lessons and Strategies for Church and State. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 1-58. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/105

Issue

Section

Artikels | Articles