The future of mission and missiology in a radically changing world

Authors

  • Pieter Verster Faculty of Theology, University of the Free State

Abstract

Die toekoms van sending en sendingwetenskap in ’n radikaal-veranderende wêreld

 

Sending en sendingwetenskap word tans deur ’n radikaal-veranderende en hoogs uitdagende wêreld in die gesig gestaar. Teoloë – van Voetius en Warneck tot Bosch en Van Engen – het in die verlede die wêreld vanuit hulle perspektief benader. Die geglobaliseerde en post-moderne wêreld bied verskeie nuwe uitdagings. ’n Christologiese benadering is nodig. Die kruis van Jesus moet sentraal staan in die sendingonderneming. Die missio Dei moet altyd vanuit hierdie perspektief benader word. Die belydenis dat Jesus die Here is, moet juis ook in die wêreld van dekolonisasie en die vierde nywerheidsrevolusie bevestig word. Wanneer sendingwetenskap aan openbare universiteite doseer word, moet dit steeds in ag geneem word.

 

 

Published

2021-12-29

How to Cite

Verster, P. (2021). The future of mission and missiology in a radically changing world. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 57(3&4), 115 - 133. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/562