Calling, Estate and Virtue: Martin Luther’s Response to the Scholastic Views on the Virtues of Office

Authors

  • A. W. G. Raath, Prof.
  • N. P. Swartz

Abstract

Luther se leerstuk van roeping is wesenlik ’n leerstuk van die sosiale terreine in die samelewing. In Luther se verwysingsraamwerk is “roeping” (Beruf) en “sosiale stand” (Stand) bykans identies. Die woord “roeping” verwys na “ampte” of “klasse” wat duidelik onderskeibaar is. “Roeping” verwys na die geheel van die mens se verpligtinge in die wêreld. Teen die einde van die 1520’s het Luther se leerstuk van die drie hierargieë ’n belangrike dimensie by sy teologie oor die sosiale terreine en roeping gevoeg. Teenoor die middeleeuse onder-waardering van die huwelik en politieke regering en die verheffing van die kloosterlewe en kerkregering, het Luther die idee van die drie “heilige regerings” gepostuleer – die vader van die huishouding en die politieke regeerder beoefen beide ampte wat gelykmatig deur God verorden is en op dieselfde vlak as dié van kerklike regeerders staan. Die drie “ordes” wat Luther onderskei is die priesteramp (Ampt), die sosiale terrein van die huwelik en die politieke regering van die politieke regeerders. Al drie ordes is gelyklik heilig omdat dit op die woord van God gegrondves is. Die gemeenskaplike orde van Christelike liefde is te alle tye op alle mense van toepassing. Alhoewel Luther die Aristoteliese sosiale teorie gekritiseer het, het sowel hy as Thomas van Aquinas belangrike aanknopingspunte vir hul denke oor roeping, sosiale stand en amp by Aristoteles gevind.

Published

2005-01-31

How to Cite

Raath, A. W. G., & Swartz, N. P. (2005). Calling, Estate and Virtue: Martin Luther’s Response to the Scholastic Views on the Virtues of Office. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 41(1 - 2), 125-159. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/44

Issue

Section

Artikels | Articles