Intelligent Design – A Descendant of Vitalism?

(Modern biology wrestling with God’s Law-Order)

Authors

  • Danie Strauss North-West University, South Africa

Abstract

Kan ?n historiese perspektief op die “Intelligente Ontwerp” (Intelligent Design = ID) beweging dit vermy om die verbintenis daarvan met die eeue-oue tradisie van vitalistiese denke op te merk. Hierdie vraag wordin hierdie artikel ondersoek mede in die lig van uiteenlopende strominge in die twintigste eeuse biologie. Dit lei vanself tot nadenke oor allerlei sistematiese onderskeidinge. Hoewel die vroegste Griekse denkersreeds ?n monistiese vitalisme verdedig sou the erfenis van die Grieks- Middeleeuse filosofie eerder dualisties van aard wees. As alternatiefword aandag gegee aan die idee van polinomiese entiteite, wat ook gesien kan word as individualiteitstrukture. Die Middeleeuse universalia-stryd het uitgeloop op die botsende bekouinge van die realisme en die nominalisme. Figure soos Darwin en Simpson sou die nominalistiese denktradisie kontinueer. Die onderskeiding tussen modale wette en tipewette fundeer die verdere onderskeiding tussen ongespesifiseerde en gespesifiseerde universaliteit. Entiteite besit tipiese funksies synde dieuniversele struktuur van die verskillende aspekte en dit hou verband met die verskil tussen die orde vir en die ordelikheid van dinge wat op sy beurt ?n nie-reduksionistiese ontologie veronderstel. Die idee van ?n gapingloos-kontinue oorgang sou ?n problematiese metgesel in die emergensie-evolusionisme vind. Die neo-vitalisme en dieorganismiese biologie beliggaam alternatiewe 20ste eeuse biologiesestandpuntnames. Die dialektiek van natuur en vryheid speel ?n eie rol inhierdie konteks. Die benadering van die ID beweging word uiteindelik ondermeer toegelig aan die hand van die jongste gegewens rakendedie “Cambrium explosion”. Dooyeweerd se teorie van ?n enkaptiesestruktuurgeheel word as alternatief vir die nalewende Griekse opvattingvan ?n Demiurg (of: Boumeester) na vore gebring. Die idee van tipe wette word as alternatief beide vir ?n fisikalistiese en ?n ID oriëntasie aangebied.

Can a historical perspective on the ID (Intelligent Design) movement avoid noticing its links with the long-standing legacy of vitalism withinphilosophy and biology? This question will be investigated below by tak-ing into account diverse biological trends within 20th century biology and by relating it to a number of systematic distinctions.

Published

2015-09-30

How to Cite

Strauss, D. (2015). Intelligent Design – A Descendant of Vitalism? (Modern biology wrestling with God’s Law-Order). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 51(3), 63-97. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/379

Issue

Section

Artikels | Articles