Die Ses uit Sigar

Oor die karakterisering van die mans van die Samaritaanse vrou in die Johannesevangelie

Authors

  • Steve A. Hunt Gordon College, United States

Abstract

Gedurende die afgelope klompie dekades het die narratiewe lees van die Johannesevangelie heelwat aandag gekry. Dit het onder andere gemanifesteer in talle studies oor karakters in dié Evangelie. Hierdie studies fokus egter gewoonlik slegs op die hoofkarakters in die Evangelie, terwyl klein karakters min of geen aandag kry nie. In hierdie artikel word gepoog om aan te toon dat ’n narratiewe benadering tot die klein karakters in die Johannesevangelie ook vrugbaar kan wees. Dit word gedoen deur te fokus op een so ’n groep karakters, naamlik die mans van die Samaritaanse vrou (Johannes 4). Deur gebruik te maak van ’n lees-respons-benadering en studies wat reeds ten opsigte van die sosiaal-historiese agtergrond van die Johannesevangelie gepubliseer is, word hierdie groep karakters sistematies ondersoek, veral vanuit die perspektief hoe hulle gebruik word om die Samaritaanse vrou te karakteriseer. Verskeie scenario’s van hoe antieke lesers die  gapings in die teks ten opsigte van hierdie mans sou kon vul, word bespreek, byvoorbeeld dat die vyf mans met wie die vrou getroud was, een ná die ander gesterf het (insluitend die moontlikheid van ’n leviraatshuwelik) of dat die vyf mans almal een na die ander van die vrou geskei het. Die implikasies wat elke scenario vir die karakterisering van die Samaritaanse vrou het, word telkens uitgelig. ’n Moontlike simboliese interpretasie van die vyf mans word ook ondersoek. Die studie word afgesluit met ’n besinning oor die sesde man (die een met wie die vrou nie getroud was nie).

During the last decades quite some time has been spent on the narrative reading of the Gospel of John. Amongst others this gave rise to many studies on characters in this Gospel. These studies focused mostly on the major characters in the Gospel, with minor characters receiving little or even no attention. The aim of this article is to show that a narrative approach to minor characters in the Gospel of John can yield good results. This is achieved by focusing on one such group of minor characters, namely the men of the Samaritan woman (John 4). Employing reader-response criticism (informed by socio-historical work on the Gospel) this group of characters is investigated, in particular in terms of the contribution that they make to the characterization of the Samaritan woman. Several scenarios are drawn in terms of the different ways in which ancient readers could have filled the gaps in the text with regard to these men, for example, that the five men who were married to the woman had all died (the possibility of a levirate marriage also being considered) or that the five men had all divorced her. The implications of each scenario for the characterization of the woman are worked out. A possible symbolical interpretation of the five men is also investigated. The study concludes with a discussion of the sixth man (the one to whom she was not married).

Published

2014-08-29

How to Cite

Hunt, S. A. (2014). Die Ses uit Sigar: Oor die karakterisering van die mans van die Samaritaanse vrou in die Johannesevangelie. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 50(3), 97-110. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/349

Issue

Section

Artikels | Articles