The Impact of Emerging Global Missional Paradigms on the Perspective of the Relationship between Mission and Conversion

Authors

  • Frans J. van H. Hancke, Dr

Abstract

Die verband tussen, en inhoud van sending en bekering word grootliks deur konteks, teologiese tradisies en heersende paradigmas bepaal. Hieruit ontstaan vrae soos: Hoe sou ons begrip van die missio Dei ons beskouing van sending en bekering beïnvloed? Of, behoort die ontstaan van sogenaamde missionele geloofsgemeenskappe enige betekenisvolle invloed op ons siening te hê? Of, tot watter mate het die postmoderne of post-christeliken konteks ’n bepalende uitwerking? Of, hoe groot is die effek van ons persoonlike sendingbeskouing? Hierdie artikel spreek hierdie kwessies aan deur:
• ’n Holistiese sending- en bekeringsbeskouing as vertrekpunt te bevestig.
• Te besin oor hoe ontwikkelende internasionale missionêre paradigmas die beskouing van en die verband tussen sending en bekering raak en te oordeel tot watter mate internasionale gesprek en besinning rondom die gedagte van die missionele (gestuurde) gemeente, die potensiaal het om daartoe by te dra dat die hele kerk die hele evangelie na die hele wêreld neem.
• Die artikel kulmineer in enkele kort gevallestudies van geloofsgemeenskappe met ’n transformerende invloed op die breër gemeenskap.

Published

2009-05-29

How to Cite

Hancke, F. J. van H. (2009). The Impact of Emerging Global Missional Paradigms on the Perspective of the Relationship between Mission and Conversion. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 75-90. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/196

Issue

Section

Artikels | Articles