Dooyeweerd’s philosophy entails no support for Apartheid whatsoever

  • Danie Strauss North-West University, South Africa

Abstract

Dooyeweerd se filosofie bevat hoegenaamd geen steun vir Apartheid nie

In ʼn artikel oor “Afrikaner nationalism, apartheid and the perversion of critique” argumenteer Rèné Eloff dat E.A. Venter and H.J. Strauss van Dooyeweerd se filosofie gebruik maak om afsonderlike ontwikkeling te regverdig en dat die “moment van grondlegging” ʼn interpretatiewe geweld impliseer wat vergesel word deur ʼn politieke geweld wat in diemistieke fundering van die gesag daarvan geakkommodeer is. Hierdie artikel reageer op wat Eloff argumenteer. Ongelukkig gaan Eloff se artikel mank aan dubbelsinnighede, ontbrekende feitlike data, non sequitur argumente en in die besonder, rakende die transendentalekritiek , aan die afwesigheid van die besef dat daar ʼn verskil bestaan tussen die strukturele bedoeling van die transendentale kritiek en Eloffse misverstaan daarvan in terme van ʼn genetiese perspektief. Bykomendonderken hy nie die onderskeiding tussen struktuur en rigting wat in Derrida se siening van die “institutional presupposition” en sy idee van die mistieke fundering van die gesag daarvan, verwar word nie. Eloff appelleer op die ontstaansmoment of funderingsmoment (“foundationalmoment”) van Dooyeweerd se filosofie, waardeur laasgenoemde nabewering aan Apartheid verbind kan word, maar hy slaag nie in sy doelnie. Alhoewel dit tot sy beskikking is, het Eloff nie kennis geneem van ʼnontleding van die artikel van Derrida (oor Law and Justice: the mystical foundation of authority) wat deur die outeur van hierdie artikel geskryf is nie. Daarin word Derrida se opvatting in besonderhede behandel en selfs uitgelig dat Derrida en Dooyeweerd op bepaalde punteooreenstemmende sienings huldig. In ʼn ander publikasie van Derrida (wat nie deur Eloff aangehaal word nie) vind ons ʼn appèl op dieselfdewysgerige metode wat ook deur Dooyeweerd (en Einstein) gebruik word, naamlik die transendentaal-empiriese metode. Terkortkominge in die argumentasie van Eloff het dit noodsaaklik gemaak om effens dieper in te gaan op die verhouding tussen Dooyeweerd en Kant, opgevolgdeur ʼn beoordeling van die verhouding tussen Dooyeweerd en Derrida(terwyl aangetoon word dat Derrida se denke deur die humanistiese grondmotief van natuur en vryheid gemotiveer word en dat hy nie alleen die onderskeidenheid van struktuur en rigting miverstaan nie, maar ook self daaraan skuldig is om die goed-kwaad teenstelling met bepaaldetrekke van die werkikheid te identifiseer). Die irrasionalistiese kant van Derrida se wetsidee plaas hom, eerder as Dooyeweerd, in ʼn posisie omApartheid te kon ondersteun. Wat Eloff oor die transendentale kritiek skryf verontagsaam die sleutel-argument daarvan soos gefundeer in Dooyeweerd se siening van die Gegenstandsrelasie, naamlik dievraag na ʼn sentrale, bo-modale betrekkingspunt vir die inter-modalesintese. Dit blyk dat geen enkele stelling in die transendentale kritiekvan Dooyeweerd enige ondersteuning bied vir ʼn geldige inferensie tot  die aannames en praktyk van Apartheid nie. So ʼn poging is van meet afgedoem tot mislukking omdat Dooyeweerd se idee van reg en die staat asook die aard van die burgerlike privaatreg en die publieke reg pertinent elke opvatting wat inbreuk op die vryheid en gelykheid van burgers maak, verwerp. Hoewel Eloff se weergawe van die politieke opvattinge van E.A. Venter and H.J. Strauss basies korrek is, is dit in verskeie opsigte nogontoereikend geïnformeer. Van die twee hoofinvloede op hul politiekedenke word slegs die een eksplisiet vermeld, naamlik die volksideologie. Die kolonialistiese idee van voogdyskap word nie as sodanig behandel nie.

In an article on Afrikaner nationalism, apartheid and the perversion of critique, Rèné Eloff argues that E.A. Venter and H.J. Strauss drew upon the philosophy of Herman Dooyeweerd to justify separate development and that the foundational moment of Dooyeweerd’s philosophy involves an interpretive violence that accommodates this interpretation, accompanied by a political violence which is accommodated by the mystical foundation of its authority. This article is a response to what Eloff attempts to argue. Unfortunately Eloff’s article is burdened by ambiguities, lack of factual data, non sequitur arguments and in particular, regarding the transcendental critique, not realizing the difference between the structural intention of the transcendental critique and its misunderstanding by him in terms of a genetic perspective. In addition he does not realize that Derrida’s ideas of the “institutional presupposition” and the mystical foundation of its authority are confusing the distinction of structure and direction. Eloff employs the genetic idea of the “foundational moment” of Dooyeweerd’s philosophy, through which the latter supposedly could be linked to Apartheid, but does not succeed in achieving his aim. Although available to him, Eloff did not take notice of the analysis of the article of Derrida (on Law and Justice: the mystical foundation of authority) by the author of this response-article. In it Derrida’s view of Law and Justice is analyzed in detail while even highlighting shared convictions between Derrida and Dooyeweerd. In another publication of Derrida (not quotedby Eloff) we find an appeal to the same philosophical method usedby Dooyeweerd (and Einstein), namely the transcendental-empirical method. Shortcomings in Eloff’s argumentation made it necessary to investigate the relationship between Dooyeweerd and Kant in some more detail, and to follow it up with an assessment of the relationship between Dooyeweerd and Derrida (showing that Derrida’s thought is motivated by the humanistic motive of nature and freedom and that he not only confuses the distinctness of structure and direction, but also embodies in his thought the fusion of the directional antithesis between good and evil by identifying it with structural traits of reality). The irrationalistic element in Derrida’s law-idea puts him, rather than Dooyeweerd, in a position to could have supported Apartheid. What Eloff says about Dooyeweerd’s transcendental critique misses the key argument of the transcendental critique, based upon Dooyeweerd’s view of the Gegenstand-relation, namely the issue of a supra-modal central point of orientation for the inter-modal synthesis. It turns out that there is no single statement in Dooyeweerd’s transcendental critique from which anything supporting the Apartheid dispensation could be validly inferred. The only alternative option, namely to attempt to show that Dooyeweerd’s idea of law and the state entails or supports the assumptions and practice of Apartheid, is doomed to failure from the outset, because Dooyeweerd’s idea of the state and the nature of civil private law and public law rejects emphatically any encroachment upon the freedom and equality of its citizens. Although Eloff’s account of the political views of E.A. Venter and H.J. Strauss is basically correct, it is not properly informed in manyrespects. Of the two main influences on their political conceptions onlyone is mentioned explicitly, namely the ideology of a “volk.”The colonialist idea of guardianship (voogdyskap) as such is left unmentioned. 

Published
2015-04-24
How to Cite
Strauss, D. (2015). Dooyeweerd’s philosophy entails no support for Apartheid whatsoever. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 51(1), 117-154. Retrieved from http://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/367
Section
Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>