TY - JOUR PY - 2015/04/24 Y2 - 2024/03/28 TI - Six powerful contemporary tendencies secularising Christian higher education: Social Darwinist competition, scientistic technicism, neo-pragmatic relativism, valuism, intolerance and churchism JF - Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship JA - TCW/JCS VL - 51 IS - 1 SE - DO - UR - https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/364 SP - 48-76 AB -

Ses kragtige hedendaagse tendense wat die sekularisering van Christelike hoër onderwys bevorder: Sosiaal-Darwinistiese kompetisie, scientistiese tegnisisme, neo-pragmatistiese, relativisme, waardeverabsolutering, onverdraagsaamheid en kerkgesentreerdheid

Hierdie (vierde) artikel sluit aan by die vorige drie bydraes in hierdie tydskrif wat agtereenvolgens die volgende aan die orde gestel het (vgl.Van der Walt, 2014a, 2014b en 2014c): (1) Die basiese vereistes vir ?nChristelike akademiese instelling. (2) Daarna is die verhaal vertel van hoe die eertydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys(PU vir CHO) binne ?n kort tydperk tot ?n min of meer sekulêre instellinggetransformeer is. (3) Vervolgens is twee invloedryke hedendaagse ideologieë, ekonomisme en bestuursoutokrasie (“managerialism”), ondersoek, wat volgens die skrywer moontlik sleutelrolle gedurende die laaste fases van die geskiedenis van die PU kon gespeel het.
In hierdie laaste artikel in die reeks word die eie interpretasie van die PU-geskiedenis voortgesit deur op nog ses belangrike tendense te let wat tot die sekularisering van hierdie vroeëre Christelike instelling kon meegewerk het. Agtereenvolgens word die volgende behandel: (1) neo-Darwinistiese kompetisie, (2) scientistiese tegnisisme, (3) neo- pragmatistiese relativisme, (4) die myns insiens misplaasde vertroue op waardes om enigsins rigting of koers te probeer hou, (5) die gangbare idee van toleransie wat in sy boesem die kiem van onverdraagsaamheid magbevat. Vervolgens (6) word gelet op die rol van ?n eng kerkgesentreerdevisie by baie Christen akademici – wat daartoe gelei het dat die breëre koninkryksvisie van die Skrif geleidelik verlore geraak het. As gevolgvan ?n dualistiese visie van die aardse (natuurlike) teenoor die geestelike(bonatuurlike) was Christene ook nie bewus van die groot gevaar van dietoenemende sekularisme nie. Hulle was gewoond daaraan om ?n gesplete bestaan te voer tussen, aan die een kant ?n persoonlike en kerklike vroom godsdienstige lewe en aan die ander kant, ?n sogenaamde neutrale openbare lewe. ?n Outentieke profetiese stem in die breë samelewinghet dus ontbreek. In die lig daarvan word gepleit vir Christelike onderwys en instellings wat wel deur kerke tot stand gebring en ondersteun magword, maar – ter wille van die behoud van ?n breër koninkryksvisie –hulle interne onafhanklikheid behou. (7) Die artikel word afgesluit met moontlike reaksies van die lesers, maar terselfdertyd met die oproep totverdere nadenke, asook die noodsaaklikheid van ?n passievolle visie virChristelike hoër onderwys op ons Afrika-kontinent.

ER -