TY - JOUR AU - van der Walt, Bennie J. PY - 2014/08/29 Y2 - 2024/03/28 TI - How and why the Potchefstroom University for Christian Higher Education became a secular institution: A personal analysis JF - Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship JA - TCW/JCS VL - 50 IS - 3 SE - DO - UR - https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/346 SP - 13-48 AB - <p><strong>Hoe en waarom die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ? gesekulariseerde instelling geword het; ? persoonlike analise<br></strong>Hierdie artikel (die verwerkte teks van ? lang lesing op 25/05/2013 by ? konferensie van die International Association for the Promotion of Christian Higher Education te Grand Rapids, VSA gelewer) is die tweede in ? reeks van vier. Die vorige bydrae was ? agtergrondskets oor internasionalisering binne die Afrika-konteks. Verder is besin oor wat ? Christelike beoefening van die wetenskap inhou, asook wat ? instelling (universiteit of kollege) vir Christelike hoër (tersiêre) onderwys behoort te beteken. As ? oorgang tot hierdie artikel is ook vermeld – as waarskuwing vir ander soortgelyke Christelike instellings in Afrika en elders in die wêreld – dat dit belangrik is om in die huidige artikel na te gaan waarom en hoe die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) geleidelik gesekulariseer geraak, sy “van” (vir Christelike Hoër Onderwys) prysgegee het en tans bloot as die Noord-Wes Universiteit bekend staan.<br>Die opset van hierdie artikel is soos volg: (1) Ter inleiding word kortliks gesê waarom die vraag hoe die PU vir CHO gesekulariseer is ook vir die res van die kontinent relevant is. (2) Verder word gestel dat wat hier oor die PU vir CHO geskryf word oor ? instelling en (omstrede) sake handel en nie op individuele persone gemik is nie. (3) Dan volg iets oor die skrywer se eie akademiese pelgrimstog (waarin hy ? breë koninkryksvisie op die lewe ontdek het) asook sy uitgangspunte met die doel om die daaropvolgende kritiek op die PU vir CHO vir die leser verstaanbaar te maak. (4) Vervolgens word aangetoon hoe verskillende Christelike lewensvisies ? bepalende invloed op ? mens se standpunt oor Christelike onderwys en wetenskap het. (5) Hierdie gedeelte word opgevolg met ? verduideliking van die metode wat die skrywer gebruik het om die sekulêre gees van die tyd te probeer peil, naamlik ? benadering vanuit die invloed van huidige, kragtige ideologieë. (6) Hoe hierdie verskillende dominante ideologieë ook ons Suid-Afrikaanse onderwysbestel, beïnvloed, word vervolgens aangetoon. (7) Nadat ? lys van die belangrikste hedendaagse ideologieë, wat die proses van sekularisering aandryf, gegee is (8) beskryf die skrywer eers kortliks sy ervaring aan een oorsese en twee Suid-Afrikaanse universiteite. (9) Die res van die artikel verdeel die geskiedenis van die PU vir CHO (vanaf ongeveer 1974 tot hede) in hoofsaaklik drie periodes onder verskillende bestuurderspanne en toon aan hoe die proses van sekularisering geleidelik toegeneem en die Christelike oriëntasie van die PU vir CHO vernietig het.</p> ER -