@article{Van der Walt_2019, title={The contours of sound leadership according to an integral Christian worldview}, volume={55}, url={https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/479}, abstractNote={
Drie vorige artikels in hierdie reeks het gehandel oor probleme in verband met swak en selfs slegte leierskap, veral op ons Afrika-kontinent. Dit was nodig om deur te dring tot die dieperliggende tradisionele, Westerse en Christelike wortels van die situasie, want so ? diagnose voorkom dat ? mens slegs die simptome probeer behandel van die onaanvaarbare gedrag van baie, selfs Christelike leiers vandag.

Hierdie laaste bydrae bied ? positiewe terapie vanuit ? integrale, holistiese of omvattende perspektief. As inleiding bied dit eers ? kort omskrywing van die buitelyne van so ? lewensvisie, terwyl die tweede hoofdeel die implikasies daarvan vir gesonde leierskap aantoon.

Eerstens bied ? strukturele analise van leierskap belangrike insigte wat, saamgevat, beteken dat ? integrale leier iemand is wat (1) met toepaslike gawes, (2) deur God geroep is om (3) met gesag en insig asook (4) die nodige beperkte mag (5) ? amp moet vervul (6) met die oog op diens op ? bepaalde lewensterrein, sodat (7) geregtigheid daar kan geskied, terwyl so ? leier (8) teenoor diegene oor wie hy gesag uitoefen en finalitêr aan God, verantwoording verskuldig is oor hoe hy sy roeping as leier uitvoer.

Tweedens dui die direksionele of normatiewe analise aan dat vir goeie leierskap nie net morele of etiese waardes geld nie, maar ? hele spektrum daarvan nodig is om bestaande leierskapspatrone te verander. God se fundamentele liefdesgebod moet in die vorm van relevante, hedendaagse norme toegepas word om leierskap op alle lewensterreine positief te rig.
}, number={4}, journal={Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship}, author={Van der Walt, Bennie J}, year={2019}, month={Dec.}, pages={185-212} }