@article{Wolhuter_Van der Walt_Potgieter_2019, title={Christian educators and educationists called to expect the unexpected: Implications for citizenship education}, volume={55}, url={https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/466}, abstractNote={<p>Deur die eeue heen was die verhouding tussen skool, religie en staat van so ’n aard dat dit selde tot voordeel van die eersgenoemde twee gestrek het. Met betrekking tot die vraag: “Hoe kan Christenopvoeders (-onderwysers) en opvoedkundiges toekomstige uitdagings suksesvol en effektief die hoof bied vir sover dit die interverwantskap tussen hierdie drie groothede betref?” word voorgestel dat hulle ’n strategie oorweeg wat uit drie ‘stappe’ bestaan. Die eerste stap is die identifisering van ’n teorie wat hulle kan help om die dinamiek van hierdie interverwantskap sowel as toekomstige gebeure daaromheen te verstaan. Die Kultureel-historiese Aktiwiteitsteorie kan vir hierdie doel oorweeg word. Die tweede stap behels dat hulle die gelykblywendhede (konstantes) wat vir elkeen van hierdie groothede geld, behoort te identifiseer en daarop te fokus, en nie op die kontingensies nie. Derdens behoort hulle op grond van Skriftuurlike beginsels en perspektiewe sin/ betekenis aan die interverwantskap en tussenspel tussen hierdie drie groothede toe te ken. Die bespreking word afgesluit met ‘n aanduiding van hoe die insigte voortvloeiend uit hierdie strategie toegepas kan word in Burgerskapopvoeding in skole, die vak wat volgens huidige beleid getaak is om leerders vir hulle plek, taak en rol as toekomstige landsburgers voor te berei.</p>}, number={3}, journal={Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship}, author={Wolhuter, CC and Van der Walt, JL and Potgieter, FJ}, year={2019}, month={Dec.}, pages={39-58} }