@article{van der Walt_2014, title={Economism and managerialism: Hidden ideologies behind the secularisation of the Potchefstroom University for Christian Higher Education}, volume={50}, url={https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/356}, abstractNote={
Ekonomisme en ‘managerialisme’: verskuilde ideologieë by die sekularisering van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
Hierdie is die derde artikel in ? serie van vier. Die vorige (tweede) bydrae het hoofsaaklik gehandel oor hoe die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), gestig in 1869, binne die bestek van die laaste dertig jaar geleidelik gesekulariseerd geraak het. Volgens die analise van die skrywer het dit onder andere gebeur as gevolg van ? hele konkoksie van ideologieë wat die proses van sekularisering gedryf het.
In hierdie derde artikel word die tragiese verhaal voortgesit met dié verskil dat twee van die mees prominente hedendaagse ideologieë, met voorbeelde van hulle ongesonde invloed op die PU vir CHO, afsonderlik en in besonderhede bekyk word. Agtereenvolgens kom die volgende aan die orde: (1) Ekonomisme – met die gevolg dat alles – ook die universiteit verkommersialiseer word. (2) Bestuursoutokrasie (“managerialism”) – wat ? universiteit soos ? sakeonderneming dirigeer.
In ? volgende slotartikel sal daar nog die volgende ses tendense bespreek word: (3) Sosiaal-Darwinistiese mededingendheid – as uitnemendheid beskou. (4) Verwetenskapliking (scientisme) en vertegnisering volgens die natuur-wetenskaplike model – in die geloof dat dit ook elke menslike probleem sal kan oplos. (5) Neo-pragmatistiese relativisme, wat alles in terme van die nut daarvan wil meet – maar geen werklike normatiewe koers vir die lewe kan aandui nie. (6) ? Verabsolutering van waardes as ? soort panasee – maar dikwels net dit wat verkeerd is verdoesel. (7) Die onverdraagsaamheid van die sogenaamde verdraagsaamheid van alle oortuigings – omdat dit ? soort toleransie is wat maklik Christelike oortuigings kan uitsluit. (8) Kerkgesentreerdheid – wat tot die verlies van ? breëre koninkryksvisie lei.
}, number={4}, journal={Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship}, author={van der Walt, Bennie J.}, year={2014}, month={Dec.}, pages={19-41} }