@article{Raath_de Freitas_2010, title={The Heroism of Faith – Calvin, Luther, Melanchthon and the Transformation of the Right to Political Resistance}, url={https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/243}, abstractNote={<p>’n Nadere studie van die vroeg-reformatoriese standpunte van Luther, Melanchthon en Calvyn oor die reg op verset teen tirannieke owerhede, lewer interessante resultate: dit is nie korrek dat Calvyn vir ’n teorie van revolusie verantwoordelik was nie; dit is ook nie korrek dat Calvyn se politieke teorie die eerste was wat vanaf die rol van die regeerder na dié van die revolusionêre onderdaan verskuif het en sodoende die grondslag vir die nuwe “politiek van die revolusie” gevorm het nie. Minstens ses jaar vóór die publikasie van die eerste uitgawe van Calvyn se Institusie, het Luther en Melanchthon reeds ’n teorie van geoorloofde verset teen tirannieke owerhede geformuleer wat natuurreg-argumente en ’n oriëntasie aan die morele pligte van onderdane en regeerders in die politieke gemeenskap bevat het. John Knox, Philippe Duplessis-Mornay, Johannes Althusius en Samuel Rutherford het die natuurreg-grondslae vir geoorloofde verset uitgebrei deur die toepassing en ontwikkeling van besonderlik die natuurregtelike gronde wat geassosieer word met die pligte wat voortspruit uit die kontraktuele ondernemings en verpligtinge wat deur regeerders én onderdane in die politieke gemeenskap nagekom moet word. Voorts word bevind dat, waar Calvyn sterk klem op die oorwinning van die geloof van diegene wat aan die tirannieke optrede van politieke owerhede onderworpe is gelê het, Luther en Melanchthon ook elemente van natuurreg en die morele pligte wat uit die ideale van geregtigheid voortvloei, ingesluit het.</p>}, journal={Tydskrif vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship}, author={Raath, A. W. G. and de Freitas, S. A.}, year={2010}, month={Sep.}, pages={35-54} }