The historical roots of systematic distinctions

  • Danie Strauss North-West University, South Africa

Abstract

Die historiese wortels van sistematiese onderskeidings

My eerste eksplisiete kennismaking met filosofie as wetenskaplike dissipline het voortgevloei uit ʼn vraag wat ek aan my vader oor die slagspreuk van die Franse Revolusie gevra het: “vryheid, gelykheid en broederskap”. Sy antwoord en die boeke wat hy vir my gegee het om te lees het nie alleen my belangstelling in die filosofie geprikkel nie, maar ook talle verdere vrae in my gemoed gegenereer. Ek was veral daardeur beïndruk dat die dinge van ons alledaagse ervaring in alle aspekte van die werklikheid funksioneer. Tog het ek gewonder waar hierdie onderskeidinge en insigte in die eerste plek vandaan kom. Gaan dit oor totaal nuwe insigte of hou dit verband met die geskiedenis van die filosofie? Dit het spoedig duidelik geword dat die onderskeiding tussen aspekte en entiteite en die onderskeiding van verskillende aspekte inderdaad lank-verworwe insigte reflekteer (‘waarheidsmomente’) wat in die geskiedenis van die filosofie en die verskillende vakwetenskappe na vore getree het en wat rigting gee aan die huidige ondersoek na die historiese wortels van sistematiese onderskeidinge. Die eerste vier aspekte wat Dooyeweerd onderskei vervul ʼn belangrike rol in hierdie ontleding. Hoewel die Griekse denkers nie ʼn teorie van modale aspekte ontwikkel het nie, het hulle daadwerklik geworstel met die sin van die aspekte van getal, ruimte, beweging en energie-werking (fisiese verandering). Die ontwikkelingsgang vanaf die Pythagoreïse skool na Parmenides se besinning oor die syn het reeds belangrike verbande tussen getal en ruimte ondersoek. Dit is opgevolg deur Herakleitos se besinning rakende die ewige vloei van alle dinge wat implisiet die sin van die bewegings- en fisiese aspekte ontgin het. Dit handel oor die besef van duursaamheid en verandering wat die substansie-begrip beïnvloed het en wat stewige kritiek op beide die historisme en reduksionisme moontlik gemaak het. Dit het geblyk dat modale abstrahering ʼn kern- element van die onderskeidende aard van wetenskaplike denke vorm. Cassirer het byna tot ʼn insig in die idee van ʼn modale aspek gekom waar hy argumenteer dat indien ʼn oneindige terugredenering vermy wil word sekere “oorspronklike funksies” aanvaar moet word wat nie van mekaar afgelei kan word nie (dit klink amper na die Bybels-geïnspireerde idee van soewereiniteit-in-eie-kring). Hierdie insig het meteens die weg geopen om die regmatige plek van eksperimentering te erken (soos tereg deur die positivisme beklemtoon). Die laaste gedeelte van die artikel ondersoek ʼn geval waar ʼn vermeende “waarheidsmoment” in werklikheid ʼn moment van “on-waarheid” is. Die Bybelse vertrekpunt van Christelik-wetenskaplike denke lei tot ʼn nie-reduksionistiese ontologie wat wetenskaplike denke teen teoretiese skeeftrekkings en antinomieë beskerm.

My first explicit acquaintance with philosophy as a scholarly discipline followed from a question to my father about the slogan of the French Revolution – liberty, equality and fraternity. His answer and the books he advised me to read not only piqued my interest in philosophy but also generated many more questions. I was especially impressed that everything in our everyday experience actually function in all aspects of reality. But I was also wondering where these distinctions and insights originated from in the first place. Were these totally new insights or did they relate to the history of philosophy? It soon became clear that the distinction between aspects and entities and between various aspects indeed reflect earlier insights (“moments of truth”) found in the history of philosophy and also in the various special sciences. This then guided the current investigation into the historical roots of systematic distinctions. The pivotal role of the first four aspects of reality as distinguished by Dooyeweerd occupies a key position in this analysis. Although Greek philosophers did not develop a theory of modal aspects, they already wrestled with the meaning of number, space, movement and (physical) change. The development from Pythagoreanism to the philosophy of being of Parmenides explored important interrelations between number and space, followed by the ideas of Heraclitus regarding eternal flux which implicitly explore the meaning of the kinematic and physical aspects of reality. This awareness of constancy and change exerted an influence on the substance concept and it produced solid immanent criticism both on historicism and reductionism. Modal abstraction appears to be a key element of the distinctiveness of scholarly thinking. Cassirer closely approximated key elements of the idea of a modal aspect where he argues that in order to avoid an infinite regress we have to accept certain “original functions” that cannot be derived from each other (it almost sounds like defending the biblically-informed idea of sphere-sovereignty). This insight at once opens the way to type laws and the legitimate role of experimentation (correctly emphasized by positivism). The last section of the article examines a case where an alleged “moment of truth” turns out to be a moment of “un-truth”. The biblical starting point of Christian scholarship results into a non-reductionist ontology which safeguards scientific thinking from theoretical distortions and antinomies.

Published
2015-12-18
How to Cite
Strauss, D. (2015). The historical roots of systematic distinctions. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 51(4), 1-21. Retrieved from http://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/384
Section
Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>