William Blackstone and the natural law tradition

Authors

  • Andries Raath University of the Free State, South Africa
  • Elizabeth Oklevitch Blackstone Legal Fellow

Abstract

Die Engelse regskrywer, William Blackstone, veral bekend om sy werk Commentaries on the laws of England, het ? groot invloed op die regsdenke (en -praktyk) van die Verenigde State van Amerika, Engeland en Suid-Afrika uitgeoefen. Onderliggend tot sy regsdenke en regsistematiek figureer ? eksplisiete natuurregsbeskouing wat sy standpunte oor regte, regsnorme en die beginsels van die publiekreg onderlê. Blackstone se regsdenke gryp terug op twee onderskeie tradisies van die natuurreg in die Westerse regsteorie: enersyds die “revolusionêre” natuurregstandpunte van Thomas Hobbes en John Locke; andersyds die metafisiese begronding van natuurregnorme in die natuurregtradisie vanaf Heraclitus tot en met Thomas Aquinas. Alhoewel verskeie punte van immanente kritiek teen Blackstone se benadering tot die natuurstaat, die sosiale kontrak en die rol van die geïsoleerde individu in die regslewe gestel kan word, moet aspekte van sy benadering tot formele regstaatlikheid as belangrike winspunte vir die Engelse common law-tradisie aangemerk word.

Published

2014-05-29

How to Cite

Raath, A., & Oklevitch, E. (2014). William Blackstone and the natural law tradition. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 50(1-2), 15-45. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/337

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>