Moral duty, natural rights and the Ciceronian impact on the political views of Luther and Calvin

Authors

  • A. W. G. Raath University of the Free State, South Africa

Abstract

Cicero se standpunt dat alle mense aan een morele wet onder geskik is, dat alle mense in ? morele sin gelyk is en dat die menslike samelewing ? gemeenskap is wat deur gemeenskaplike bande saamgebind word, beteken by implikasie dat alle mense in die staat as ? korporatiewe entiteit verenig is en gelyklik aan die reg deel het. Voorts impliseer dit dat die eise van sosiale welwillendheid op alle burgers in die staat van toepassing is. Veral Cicero se opvattings oor sosiale welwillendheid en die morele bande wat die hele burgery saamsnoer, het ? belangrike impak op die politieke en regstandpunte van vroeë Reformatore soos Luther en Calvyn uitge oefen. Luther en Calvyn is tot ? groot mate deur Cicero se stand punte beïnvloed. Van die belangrikste gevolge daarvan was dat  Luther en Calvyn standpunte oor die reg en die politieke lewe in die staat ingeneem het wat die reg vanuit bepaalde morele perspektiewe benader het en fundamentele regte in pligte begrond het. Hierdie opstel ondersoek enkele van die belangrike implikasies van Cicero se invloed op Luther en Calvyn in dié verband.

Published

2013-12-20

How to Cite

Raath, A. W. G. (2013). Moral duty, natural rights and the Ciceronian impact on the political views of Luther and Calvin. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 49(4), 1-26. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/324

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>