Integratiewe religieuse onderwys in Suid- Afrikaanse skole: Moontlikhede en beperkinge

Authors

  • C. C. Wolhuter North-West University, South Africa

Abstract

Sowel die wetenskaplike as die openbare diskoers oor Religieuse Onderwys in skole, het ongelukkig die afgelope aantal jare op die twisvraag oor konfessionele Religieuse Onderwys óf integratiewe Religieuse Onderwys verstar geraak. In so ? “?f … óf”-argument is die waarde van integratiewe Religieuse Onderwys naas konfessionele Religieuse Onderwys (en die bestaan van ? religieuse etos binne ? skool) misgekyk. So ook het die kamp wat ten gunste van konfessionele Religieuse Onderwys is (en dit is waar ten minste ? groot deel van die Christelike wetenskaplikes hulleself plaas) die waarde van integratiewe Religieuse Onderwys nie raakgesien nie. Hierdie artikel ondersoek die literatuurskat aan integratiewe Religieuse Onderwys aan skole internasionaal. Die finale doelstelling is om ? raamwerk te skep vir die verruiming van die navorsingsagenda en openbare diskoers oor Religieuse Onderwys in Suid-Afrikaanse skole, om ook die potensiaal van hierdie nuwe vak in sodanige navorsingsagenda in te sluit. Die moontlikhede van die vak word uitgespel, maar ook gewaarsku dat die afwesigheid van konfessionele Religieuse Onderwys in skole die realisering van hierdie moontlikhede beperk.

During the past few years, the scientific as well as the public discourse about Religious Education in South African schools has become fixated on the issue of confessional versus integrative religious education. The result of this “either … or” dispute has been that the value of integrative Religious Education together with confessional Religious Education has been missed, and that the camp in favour of confessional Religious Education in schools (and it is in this camp where at least a large part of Christian scholars do find themselves) have not appreciated the educative value of the subject of integrative Religious Education. This article surveys the international corpus of literature on integrative Religious Education, with the final objective of bringing it into the national education research agenda. The potential of this subject is spelled out, but it is also cautioned that the absence of confessional Religious Education in school does limit the realisation of this potential.

Published

2013-08-30

How to Cite

Wolhuter, C. C. (2013). Integratiewe religieuse onderwys in Suid- Afrikaanse skole: Moontlikhede en beperkinge. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 49(3), 203-226. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/322

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)