The ‘love’ that religious cults offer and its effects on members

Authors

  • S. P. Pretorius University of South Africa

Abstract

Te midde van ontwikkeling in die post-moderne wêreld toon mense steeds ? behoefte daaraan om geliefd en belangrik te voel en te behoort aan ? organisasie of groep waar hulle geestelike behoefte vervul word. In die omgang met mense kan soveel vermag word as die korrekte benadering gevolg word. Een benadering wat baie suksesvol is, is ? vertoon van liefde, begrip en waardering, dit wil sê deur ? persoon te oorlaai met liefde en aandag. Ongelukkig word hierdie tegniek om mense te oorlaai met liefde en aandag ook deur kultes gebruik om potensiële lede te trek en uiteindelik ook te behou. In hierdie geval is die vertoon van liefde niks meer as ? middel tot ? doel, ? voorwaardelike front om mense te werf nie. Die nadeel van die tegniek is dat dit ? blywende impak op lede het selfs na hulle die groep verlaat. Hierdie artikel toon aan dat daar ? sterk emosionele band gevorm word met lede wat ontstaan by die vertoon van die sogenaamde “liefde” wat steeds hulle denke en optrede beheer na hulle die groep verlaat en wat hul aanpassing in die gemeenskap bemoeilik. Dit is nodig om te verstaan hoe die konsep van liefde in die kulte persone se optrede en realiteit voorskryf ten einde hul aanpassing in die gemeenskap te bewerkstellig. Die artikel toon verder aan wat gedoen kan word om die aanpassing van lede in die gemeenskap te vergemaklik.

It seems evident that, despite developments in the postmodern world, human beings still need loving care and a place where they believe their need for spiritual well-being will be met. When dealing with people, much can be achieved by following the correct approach. One way to obtain results is by showing love, attention, appreciation and a sense of belonging, in other words, by ‘love bombing’ a person. The love bombing technique is also employed by cults to lure and eventually retain members. Love bombing is nothing more than a means to an end – a charade to enlist new members. Even after leaving the group, cult members remain challenged by the after effects of this technique and consequences thereof. This article points at how a strong emotional attachment between cult members and a cult develops. This emotional attachment is set to control a former cult member’s behaviour, long after they leave the group. The negative impact of this emotional control on the person’s new reality must be understood and altered, in order for them to readapt to society. Guidelines are provided on how former cult members may be assisted in dealing with this emotional attachment and ultimately adapt in society.

Published

2013-08-30

How to Cite

Pretorius, S. P. (2013). The ‘love’ that religious cults offer and its effects on members. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 49(3), 181-201. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/321

Issue

Section

Artikels | Articles