The ‘death’ of the intellectual: How can intellectual life be awakened again?

Authors

  • L. O. K. Lategan Central University of Technology, South Africa

Abstract

Hierdie artikel beredeneer die argument dat akademiese vak manskap die basis vir intellektuele lewe is. Akademiese vakmanskap kan verseker dat akademici die kernwaardes van ’n universiteit, naamlik onderrig, navorsing en diens in akademiese werk, konsultasie en die kommersialisering van intellektuele vaardighede, insluit. Hierdie studie bou verder op Boyer se bekende akademiese vakmanskapmodel en word uitgebrei om akademiese leierskap en praktyk deel van ’n akademiese vakmanskapmodel te maak. Die artikel ondersoek ook die betekenis van netwerke, etiek en kritiese dialoog vir akademiese vakmanskap. Die outeur verwys na die insluiting van die teologiese kurrikulum in die kurrikulum van ’n publieke universiteit om aan te dui hoedat akademiese vakmanskap ’n kerklike beoefening en dus die vernouing van die teologiese eksiklopedie kan voorkom. Hierdie studie argumenteer verder dat akademiese leierskap kan help om akademiese vakmanskap te bevorder en dus verseker dat akademici nie uitgesluit word uit die neem van akademiese besluite nie. Nog ’n belangrike debat wat aangesny word, is etiese verantwoordelikheid. Die artikel sluit af met ’n sistematiese integrasie van wat akademiese vakmanskap behoort te wees. ’n Reformatories-filosofiese paradigma vorm die raamwerk van die studie.

Published

2011-12-16

How to Cite

Lategan, L. O. K. (2011). The ‘death’ of the intellectual: How can intellectual life be awakened again?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 47(3 - 4), 87-109. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/266

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>