Families and schools working together to promote family literacy development

Authors

  • E. M. Lemmer University of South Africa

Abstract

Geletterdheidsontwikkeling wat volkome op skoolgeleerdheid staatmaak, sal waarskynlik nie suksesvol wees nie; dit is van deur slaggewende belang om geletterdheid van die vroegste ouderdom af tuis te ontwikkel. Dit is in die besonder die verantwoordelikheid van Christengesinne om geletterdheidsvaardighede onder hul kinders te kweek deur geloofgebaseerde geletterheid tuis in te oefen en te modelleer. Skole voorsien ook nie alleenlik formele onderrig in geletterdheid nie, maar kan ? beduidende rol in die bevordering van gesinsgeletterdheidspraktyke speel. In hierdie artikel word die waar de en hedendaagse praktyke van gesinsgeletterdheid aan die hand van ? gevallestudie en teen die agtergrond van ? omvattende literatuuroorsig bespreek. Omvattende data is van ? prinsipaal, onderwyser en ouers in ? multikulturele stedelike kleuterskool ingesamel deur middel van veelvuldige data-insamelingstegnieke: waar neming, individuele en  fokusgroeponderhoude, en ? vraelys wat aan alle ouers uitgedeel is. Die bevindinge word bespreek volgens die volgende temas: geletterdheidshulpbronne tuis, geletterdheidspraktyke vir die vestiging van verhoudinge, geletterdheidspraktyke om toegang tot inligting te verkry, geletterdheidspraktyke met die oog op genot en/of selfuitdrukking, en geletterdheids praktyke vir die ontwikkeling van vaardighede. Op grond van hierdie bevindinge word daar aanbeveel dat skole gesinsgeletterdheid moet bevor der deur leiding aan gesinne te gee ten opsigte van hoe om kinderliteratuur te kies, by ? biblioteek aan te sluit, storie boek leesvaardighede uit te brei, aandag aan drukwerk in die omgewing te gee, en die ontwikkeling van kinderskryfvaardighede aan te moedig.

Published

2011-04-29

How to Cite

Lemmer, E. M. (2011). Families and schools working together to promote family literacy development. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 47(1), 43-62. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/251

Issue

Section

Artikels | Articles