The prevention of educator-targeted bullying: the perspectives of school principals

Authors

  • Corene de Wet University of the Free State, South Africa

Abstract

Hierdie artikel lewer verslag oor skoolhoofde se perspektiewe op die voorkoming van die treitering van opvoeders deur hulle leerders. Bronfenbrenner se sosiaal-ekologiese model van ineenskakelende stelsels is as teoretiese raamwerk vir hierdie studie gebruik. Data is met behulp van fokusgroeponderhoude ingesamel. Kwalitatiewe inhoudanalise is gebruik om die data te analiseer. Die data toon dat treitering op mikro-, meso- en makrostelselvlak aangespreek moet word. Dit blyk uit die studie dat groter ouer betrokkenheid, die vestiging van Christelike waardes en die herstel van gesinstrukture tot die bekamping van opvoedertreitering kan lei (mikrovlak). Op mesovlak is die noodsaaklikheid van ’n “lewende” anti-teisteringsbeleid, gespesialiseerde kennis aangaande op voeder treitering en die belangrikheid van spanwerk beklemtoon. Die rol van die gemeenskap en die regering in die bekamping van opvoedertreitering is ook deur skoolhoofde uitgelig (makrovlak). Op grond van dié bevindinge en bestaande navorsing word aanbeveel dat skole óf alomvattende treiteringsvoorkomingsprogramme ontwikkel óf bestaande programme aanpas om voorsiening te maak vir hul unieke omstandighede. Die voorkoming van opvoedertreitering moet óf ’n integrale deel van ’n skool se treiterings voorkomingsprogram vorm óf komplimenterend tot die program wees.

Published

2011-04-29

How to Cite

de Wet, C. (2011). The prevention of educator-targeted bullying: the perspectives of school principals. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 47(1), 1-21. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/249

Issue

Section

Artikels | Articles