Family alienation is presented as a requirement for total commitment in some new religious groups

Authors

  • S. P. Pretorius University of South Africa

Abstract

Jong gelowiges in sommige alternatiewe godsdienstige groepe word subtiel deur die aanhaal van sekere skrifgedeeltes oortuig dat vervreemding van hulle familie ? bewys is van hulle heelhartige toewyding aan God. Gaandeweg word lede meer betrek by die aktiwiteite van hierdie godsdiensgroepe wat daartoe lei dat die eens gesonde sterk verhoudings met hulle ouers en vriende skade ly en later selfs verbreek word. Ouers en vriende word onverwags deur hierdie verandering betrap. Verder is hulle nie bekend met die dinamiek en werkswyse van hierdie groepe nie en weet dus nie hoe om hierdie situasie te hanteer nie. Hierdie vervreemding tussen geliefdes sorg vir hartseer en verslaenheid veral wanneer Skrifgedeeltes aangehaal word om hulle gedrag te regverdig. Die artikel argumenteer dat die rede vir die vervreemding tussen jongmense en hulle ouers en familie te wyte is aan die misbruik van sekere Bybelse gedeeltes deur hierdie groepe. Die aangehaalde skrifgedeeltes word nie gebruik om die intensie van die skrif te dien nie, maar eerder om kerklede te vervreem van hulle ouers en familie, ten einde beter beheer oor hulle te kry.

Published

2010-12-17

How to Cite

Pretorius, S. P. (2010). Family alienation is presented as a requirement for total commitment in some new religious groups. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(3 - 4), 125-42. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/224

Issue

Section

Artikels | Articles