Thomas Aquinas and John Calvin on tyrannice regere, morem gerere et resistere

Authors

  • Nico P. Swartz University of the Free State, South Africa

Abstract

Die uitoefening van staatsgesag sluit altyd morele verantwoordelikheid in.  Staatsgesag is daardie gemeenskaplike belang wat hoër is as dié van die individu. Sonder gesag is geen gemeenskap moontlik nie en dit vereis verstandige en regverdige mense wat gesag voer oor die res. Die organiese begrip van die staat beteken dat ooreenkomstig die slagspreuk Salus reipublicae suprema lex (die heil van die staat is die hoogste reg), die belange van die individu ondergeskik is aan dié van die staat. ? Hoër gesag word egter aan mense verleen wat uitstyg bokant dié van die staat. Indien die staat met die algemene belang voor oë bestuur word, is só ? bewind regverdig en geskik om mense vry te maak (want quantum ad vim directivam legis (die gesag van die staat is rigtinggewend)). Met hierdie rigtinggewende gesag is die regeerder aan die reg onderworpe, maar sou hy hierdie mag in eie belang aanwend, en nie om die welvaart van die gemeenskap te bevorder nie, is dit nie meer regverdig nie, en kom dit op magsmisbruik neer. Die regeerder het die bevoegdheid om die onderdane met sy rigting-gewende maatreël te beheer, maar beskou hom as bokant die reg verhewe (princeps legibus solutes). Dit gebeur sodra die stadium bereik word dat die gesagsposisie vir persoonlike gewin aangewend, en nie vir die welvaart van die gemeenskap wat aan die regeerder onderworpe is nie. So ? regeerder word ? tiran genoem, wat die bevolking onderdruk, eerder as om met geregtigheid te regeer. Thomas Aquinas beklemtoon die feit dat die middel teen tirannie in die hande van die kollektiewe gemeenskap geleë is en nie soseer by die oordeel van die enkeling nie, terwyl Calvyn vereis dat ? tirannie verduur moet word. Met ander woorde, Thomas Aquinas bepleit verset teen gesag, terwyl Calvyn dit nie doen nie. Beide is egter van mening dat geen hoop op menslike tussenkoms gevestig kan word nie, en dat toevlug by God gesoek moet word. Hulle stem egter saam dat ? gepaste straf vir die tiran is om hom daardie hoogste seën wat die beloning vir ? goeie regeerder is, te ontneem.

Published

2010-12-17

How to Cite

Swartz, N. P. (2010). Thomas Aquinas and John Calvin on tyrannice regere, morem gerere et resistere. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(3 - 4), 77-89. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/221

Issue

Section

Artikels | Articles