The Lasting and Enriching Significance of the Distinction between Concept and Idea

Authors

  • D. F. M. Strauss, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Nadenke oor die betekenis van die onderskeiding tussen begrip en idee het allereers die weg van ? paar belangrike historiese ontwikkelingslyne gevolg, deur oorsigtelik te let op elemente van die antieke Griekse wysbegeerte, die vroegmiddeleeuse filosofie (die erfenis van ? negatiewe teologie) en sommige fasette uit die gedagtegang van Kant en Wittgenstein. Vervolgens is geargumenteer dat egte ideë liefs nié as grensbegrippe aangedui behoort te word nie, omdat die eintlike bedoeling daarvan is om rekenskap te gee van kennis wat die grense van be gripskennis oorskry, terwyl die uitdrukking ‘grensbegrip’ mag suggereer dat die belangstelling oor kennis wat binne die grense van begripskennis val, gaan. Hartmann het begryp dat Kant wou onderskei tussen wat kenbaar en onkenbaar is met behulp van die onderskeiding tussen begrip en idee. Hy het verduidelik dat die onkenbare “Ding-an-sich” nie bloot ? idee is nie, want daar moet ? denkvorm bestaan waarin ons dit van wat onkenbaar is kan dink – en dit is die Kantiaanse idee. ? Aantal kondisies of grense van begripsvorming is onderskei – soos byvoorbeeld universaliteit (wet en wetmatigheid), wat individueel is en die tydelike identiteit van entiteite. Teen hierdie agtergrond is geargumenteer dat modale terme beide op ? begripsmatige en ? idee-matige wyse gebruik kan word. Ten slotte is ? verdui deliking gegee van die vier mees basiese idee-stellings wat oor die heelal gemaak kan word: (i) Alles is uniek; (ii) alles hang met alles saam; (iii) alles is konstant; en (iv) alles verander.

Published

2010-06-30

How to Cite

Strauss, D. F. M. (2010). The Lasting and Enriching Significance of the Distinction between Concept and Idea. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(1 - 2), 133-147. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/216

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 4 5 > >>