A Content and Contextual Comparison of Contemporary Leadership Approaches with specific Reference to Ethical and Servant Leadership: An Imperative for Service Delivery and good Governance

Authors

  • T. Edwards, Prof. Central University of Technology, South Africa

Abstract

Hierdie artikel stel ? konsepsuele model voor wat die noodsaaklikheid van etiese leierskap beklemtoon, ten einde ? etiese klimaat en ? sterk etiese kultuur in die openbare sector te vestig. Die model berus op twee fundamentele eietydse leierskap benaderings wat noodsaaklik is vir die vestiging van ? etiese klimaat en ? sterk etiese kultuur om sodoende effektiewe dienslewering en etiese owerheidshandelinge in die openbare sektor te verwesenlik. Dit blyk dat die onlangse opstande oor swak dienslewering op plaaslike owerheidsfeer nie net die gevolg is van onbevoegde amptenare nie, maar die resultaat is van ? gebrek aan etiese leierskap en etiese handelinge deur openbare amptenare. In die artikel word aandag aan bepaalde wetgewing en aanverwante beleide verleen wat etiese gedrag en doeltreffende dienslewering beklemtoon. Daarna word bepaalde eietydse leierskapbenaderings met spesifieke verwysing na etiese leierskap, en leierskap van diensbaarheid, sowel as die ontwikkeling van etiese leierskapsvaardighede in die openbare sektor in oënskou geneem.

Published

2010-06-30

How to Cite

Edwards, T. (2010). A Content and Contextual Comparison of Contemporary Leadership Approaches with specific Reference to Ethical and Servant Leadership: An Imperative for Service Delivery and good Governance. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(1 - 2), 93-109. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/214

Issue

Section

Artikels | Articles