Stewardship Ethics: A Concept fit to deal with Dilemmas in Ethical Leadership?

Authors

  • P. G. le Roux, Prof. Central University of Technology, South Africa
  • L. O. K. Lategan, Prof. Central University of Technology, South Africa

Abstract

Die handhawing van etiese waardes en norme word nog steeds as ? voorvereiste vir die openbare besluitnemingsprosesse en effektiewe regering beskou. Dié diensleweringsaspek as vernaamste funksie van die openbare sektor word toenemend deur ? gebrek aan toegewyde leierskap en die afwesigheid van ? duidelik gedefinieerde waardestelsel geskaad. Leierskapevolusie is noodsaaklik in ? hoogs diverse en mededingende omgewing waarin van die moderne leier verwag word om struktuur te gee aan etiese beginsels en ? rentmeester te wees van alle hulpbronne toevertrou deur die kieserspubliek.
? Volhoubare toekoms staan direk afhanklik te wees van ? etiese rent meesterskapsbenadering waarin leiersfigure die openbare belang eerbiedig. Hierdie artikel plaas die resente politieke verwikkeling, veral op plaaslike owerheidsvlak, in perspektief. Etiek en verantwoordelike leierskap word as normatiewe vertrekpunte binne die bestaande staatsbestel in konteks geplaas. Die rol van die etiese leier spesifiek afgestem op die rentmeesterbenadering, word beredeneer as moontlike oplossing vir die onstabiele politieke omgewing, gepaardgaande met gebrekkige dienslewering aan die kieserspubliek.

Published

2010-06-30

How to Cite

le Roux, P. G., & Lategan, L. O. K. (2010). Stewardship Ethics: A Concept fit to deal with Dilemmas in Ethical Leadership?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(1 - 2), 79-92. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/213

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>