Blackstone, Natural Law and the Future

Authors

  • L. Nydam Duke University of School of Law, United States of Amercia
  • A. W. G. Raath, Prof. University of the Free State, South Africa

Abstract

Die gemenereg-filosoof, William Blackstone, het in ’n hele aantal opsigte tot die sistematisering en praktiese toepassing van die natuurreg en die formulering van die regte van die mens, wat daaruit voortvloei, bygedra. Een van die primêre redes vir die voortgaande invloed van Blackstone se insigte is sy verbintenis tot die goddelike oorsprong van die natuurreg – naamlik reg wat voortvloei uit die rasionele wil van die Skepper van die heelal. Voorts ondersteun Blackstone die beginsels van die natuurreg gebaseer op geregtigheid, behorende tot die natuurlike orde wat deur God geskep is en aan die mens tot sy voordeel geskenk is. In hierdie opstel word geargumeenteer dat die natuurreg-filosofie in die gemenereg-tradisie van Blackstone steeds ’n belangrike rol te speel het: alhoewel sosiale instellings tussen kulture van mekaar mag verskil, moet die positiewe reg in al sy ontwikkelende vorme gestalte gegee word deur die oorkoepelende natuurreg-norme of die risiko loop om deel van die mislukkings van die mensdom te word.

Published

2009-12-18

How to Cite

Nydam, L., & Raath, A. W. G. (2009). Blackstone, Natural Law and the Future. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(4), 77-94. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/186

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

1 2 3 > >>